Thursday, September 20, 2012

Digbundel van Boerius

Gedigte van 'n Boer --------------------------------------------------------------------------------
Boerius: Herstel ons poorte Mure van gister waar vervalle steen in mank bestaan kronieke baar van dit wat was – ...die laggies wat so skoppelmaai om steen en klip se swye draai; die liefde en die leed gedeel wat smôrensmossie klank soos mos in songebakte vensters los, maar nou in graf se stilte sak die swye oor geroeste dak. So staan my volk, ook eens gevul van vreugdeklank waar son oor ruie berge in ligkrans oor die wolke span waar elk na gisters nou verlang in soeke na Nehemia moed om Jerusalem se poorte te herstel op te bou en fees tot eer van God te hou! 12 September 2012 Lokaal Gevangenis, Pretoria
Boerius: Herfstuin Kom pluk vir my papawers uit jou Boereplaas se tuin waar herfs se son deur skugter skadu’s geel en vrolik skyn Dit streel oor madeliefies en dit speel deur kapperkruid Dit bons op bittereinder roos se laaste skoonheidspr...uik. Die vygies in die voortuin, ballerina pienk getooi wat hartelus seisoen se draai die koue winters nooi. Viooltjiesaad word uitgestrooi, in strykstok grond gesaai wat selfs die wintergrou se vaal in liefdeskleur verfraai. Krisante by die boordekant bring herfs in volle kleur wat in die oggend koeler lug vermeng in douvars geur. Agapanthus en vuurpyle wat met nekkies uitgestrek die korter dag se heimwee na die lentegroei verwek. Mag ek dan in my mens se draai as laaste blommespel my lofsang tot die Groot Tuinier in voorwinter vertel. 26 Maart 2012 Lokaal Gevangenis, Pretoria. Skildery deur Marinda le Grange Digbundel van Boerius kan aanlyn bestel word digitaal en hardekopie Hardekopie: 78 Bladsye Prys: R120 (posgeld ingesluit) Besonderhede vir bestellings: E-pos dan net u kwitansie en posadres waarheen die bundel gepos moet word na: wilhelm.pretorius@yahoo.com Betaling kan ook plaasvind deur middel van Paypal op die volgende webwerf: http://www.wix.com/wilhelmpretorius/gietoffers_van_my_siel Digitale weergawe kan direk gekoop word by: https://www.smashwords.com/books/view/130967