Tuesday, November 6, 2012

By my Ma geleer ... ou se goed

By my ma my geleer het........ Ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom" ...Sy het my geleer van "time travel": "Ek sal jou tot in volgende week in klap!" Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!" Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?" Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Mannetjie !!!" Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!" Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!" Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!" Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!" Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!" Sy het my geleer van sintuie: "Kinners word gesien en nie gehoor nie!" Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!" Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!" Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is: "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!" Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tanne tel!" Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!" Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: "Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!"

1 comment: