Sunday, November 18, 2012

Solovlug....

dis verby. ~~~ van die begin, en eerste soen, tot elke skyfie lemoen, was daar gedink, en geglo, ...die liefde reën van bo. ~~~ die strandloop, en rooiaas soek, en duin op, en koes, het sandkorrels seker gepraat, maar is daar min verstaan. ~~~ haarslierte windverwaai in mis. versier haar ovaalgesig. asemhaling-kringe dwarrel. en help voete vorentoe skarrel. ~~~ elke roosblaar getuig van glorie. blaaie geplak in ‘n storie, geelgoud-boek leef nie meer, lê op sy sy omgekeer. ~~~ Lettie MurraySOLOVLUG 25 August . [aletta murray, 24aug2012]

No comments:

Post a Comment