Just been going through all the old posts on SAForum and found one I never transvered here, so nou it's here and I still have strong feelings on the subject. There was one particular person on that forum that wrote and in every post mentioned what a great time he and his mates had drunk as skunks ... is it not possible to have a fun time without alcohol or at least in moderation. No I don't think I just cranky....
Man hier is nou 'n ding wat nie so lekker by my sit, en ongelukkige gaan ek 'n paar Saaffers goed nors maak. Hoe is dit dat drank so 'n groot problem geword het, ons manne is so trots op hulself..........
Ek self was met so 'n man getroud en het so 'n skoonpa gehad. Die dinge wat hulle aangevang het, laat my skoon skaam kry vir hul ontwil.
Die tyd saam met my eerste man, was beslis "an eye opener" in baie opsigte, geweld en baie beklei en sommer alles wat by dit gaan. My twee seuns was al waaraan ek kon dink, en as ek dit kon help sou hulle nooit hulle gesin so behandel nie. Hy wou skoon sy eie kind laat aanneem en dit is waar ek die lyn in die sand getrek het. My tweede man het ook in so 'n huis groot geword maar het goed gesien wat dit aan sy gesin gedoen het. Skoonpa het sommer daar in die tuin uitgepas, nadat hy daardie bottel klipdrief in die ventsterbank leeggemaak het. More moet hy maar weer een gaan koop, of 'n boks wyn. Hy vra mors eendag vir my om vir hom 'n boks wyn te koop, man ek kry toe die slegster asyn wat te kry was, hy trek sy bek so en kla, suip dit maar alles op. Wel dit was die laaste dat hy my weer gevra het
Manlief vertel stories van skoonpa wat jy maar net jou kop kan skuid. LM het by die vliek gewerk vir saakgeld, en daar sien hy mos sy fiets wat gesteel was en vang die klein vetter en sleep hom polisie kantoor toe. Die kops kom neem 'n statement by die huis, skoonpa is in die tuine besig en sien net die kar in sy driveway en gaan blaas ook sommer die tyres af. Natuurlik vang die kops hom met 'n stokkie nog in die hand. Hy mos maar tyre opblaas met 'n fiets pump.
Ek het ook teen my better wete my VW beetlejie by my skoon ouers se huis gelos omdat ons Namiba toe is vir 2 jaar en maak toe mooi reelings om dit te stuur. Man Hy was toe mooi kort aan drank geld en verkoop toe sommer my karretjie vir spares. Ek hoef nie vir julle te se hou kwaad ek was nie.
Vandag sit ek die TV aan en daar is DR Phil en sy Vrou Robyne besig om met so 'n jong 15 Jarige seun te praat wat nog nooit sy pa nugter gesien sien het nie, jy kan sien en hoor die pyn in die kind, die haat in sy vrou se stem vir wat hy geword het. Is dit wat Julle wil he?
Ek het geen probleem met 'n glasie wyn met ete nie, of 'n paar biere met 'n vlies braai, maar om misbruik te maak is nie reg nie.
Until nexttime
Rina
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
Ek's 'n trotse Saffer, maar oor hierdie onderwerp kan ek boekdele skryf, veral die "te" deel. Ek sien so baie van ons jongmense wat hier in die buiteland werk en swaarkry en huistoe verlang ... en liewerste ipv se ons wil terugkom, hulle naweek na naweek vergryp aan drank. Wanneer sal mense tog besef jy kan nie probleme wegdrink nie
ReplyDeleteEk moet erken ek is baie lief vir my glasie rooiwyn, maar daar is natuurlik 'n reuse verskil in die saak. En sonder om dit hard te se, ek "lecture" my skoonpa elke keer as ons gaan kuier om hom te gedra voor die kinders. Tot dusver, 6 jaar aan, nog goed.
ReplyDeleteYep - ek geniet my biertjie of doppie nou en dan, maar hierdie gesuipery maak my mal. Dit het begin in die army, en lyk my vandag is dit die nasionale boer tradisie - suip tot jy le.
ReplyDeleteNie dat die blerrie Aussies veel beter is nie - binge drinking is die nasionale sport veral tussen jongmense.
ek haat dit met 'n passie. Daar is niks so pateties soos 'n blerrie alkoholis nie.