By my ma my geleer het........
Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"
...Sy het my geleer van "time travel":
"Ek sal jou tot in volgende week in klap!"
Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
"Gaan vra jou pa!"
Sy het my geleer oor plantkunde:
"Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"
Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
"Mannetjie !!!"
Sy het my van die weer geleer:
"Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!"
Sy het my geleer van fauna en flora:
"Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!"
Sy het my geleer om myself te ontdek:
"Hou op om jou soos jou pa te gedra!"
Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
"Hou jou mond en eet jou kos!"
Sy het my geleer van uithouvermoë:
"Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"
Sy het my geleer van sintuie:
"Kinners word gesien en nie gehoor nie!"
Sy het my geleer van humor:
"Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"
Sy het my van jaloesie geleer:
"Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!"
Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
"As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier
skoongemaak!"
Sy het my wiskunde geleer:
"Sit jy alweer en tanne tel!"
Sy het my logika geleer:
"Want ek sê so, dis hoekom!"
Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
"Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!"
Ek het die inskrywing geniet :-)
ReplyDelete