dis verby.
~~~
van die begin, en eerste soen,
tot elke skyfie lemoen,
was daar gedink, en geglo,
...die liefde reën van bo.
~~~
die strandloop, en rooiaas soek,
en duin op, en koes,
het sandkorrels seker gepraat,
maar is daar min verstaan.
~~~
haarslierte windverwaai in mis.
versier haar ovaalgesig.
asemhaling-kringe dwarrel.
en help voete vorentoe skarrel.
~~~
elke roosblaar getuig van glorie.
blaaie geplak in ‘n storie,
geelgoud-boek leef nie meer,
lê op sy sy omgekeer.
~~~
Lettie MurraySOLOVLUG
25 August .
[aletta murray, 24aug2012]
No comments:
Post a Comment