So many years ago a special girl was born this day,
she grew up to be a strong woman,
a sheep farmer's wife,
a mother to her own and her sister's child,
a grandmother to me, special times we had many,
lessons learnt by listening and following in her foot steps and her ways,
there was nothing she could not do if she wanted too.
still loved and remembered very fondly to this day.
she left this place too soon.
Friday, April 30, 2010
Gemmerbier en Oumas
Kyk wie kon nou better Gemmerbier make as my Ouma, niks was fout met haar hande nie. Now die storie is oor Gemmer bier wat ons daar by Pelgrimsrus gekoop het in sukke mooi pottery bottels. Die kinder was nog baie klein toe, so dit is baie lank terug. Maar ek onthou dit was in die somer en ons het so lekker daar rondgeloop en alles bekyk. Gemmerbier gekoop en in die kar se boot gesit, hmmm die bier het warm geword en die proppe het begin skit ... watter gemors hoor.
Dit was wonderlik om so baie tyd saam met my Ouma en Oom Dan te kom spandeer, sommer maande op 'n slag. Oom Dan het aan bom skok gely en Ouma het vir haar broer gesorg. Saam het hulle meer as 'n akker groente en vrugte bome versorg, rye wit mielies jy kom wegkruipertjie speel. Sy was 'n regte boeretannie, so sterk soos 'n os met 'n hart van goud. Ouma het geglo 'n vrou se handed moet besig bly. Oupa hulle het vir jare met skape geboer daar anderkant Vryburg maar nadat hy oorlede is het Ouma koshuis moeder geword.
Later koop sy 'n huis met die groot erf in Paris. Dis nou Paris in die Vrystaat. Dis waar ons gebak en brou het , regte botter in die glas bottel gemaak het, hoenders gevoer en eiers gaan soek, gehelp verre pluk as sy hoenders slag. Skaap slag was geen problem en as alles verby is dan maak sy lekker kerrie afval. Sondag na kerk was daar skaap boud met vars aartapples van die tuin. In die kerk mos jy stil sit anders kry jy nie 'n pepermintjie wat sy in haar handsak gebere het nie. Ouma het self biltong gemaak strepsakke vol, dan bere sy dit daar onder in die kombuis kas langs die droe vrugte. Ouma het my geleer hekel, skeef en krom, maar vandag kan ek vir my kleinseuns hulle eie bersies maak. Daar in my kis is nog ouma se knie kombersie +- 50 jaar oud en 'n resepte book wat ek by my ma vasgele het (nadat sy begin resepte inplak)
Maar die memories is nog by my en ek weet Ouma glimlag van daarbo. Ek het altyd daar op haar bed gesit en my verkyk hou sy daardie lang swart/grys hare uitkam en dan vleg totdat dit dun raak. More word die hare in 'n bollatjie gemaak en sy trek een van baie voorskote aan, reg vir nog 'n dag. Ek was 13 jaar oud en haar enigste kleinkind toe Ouma rustig in haar slaap oorlede is.
Ek het soveel mooi memories van my Ouma Mimmie, dinge wat sy gedoen het, my geleer het en gewys het wat tot vandag toe by my is. Ek hoop om eendag die selfde vir my Kleinseuns te kan betekken wat Ouma vir my was. Miskien was daar iemand anders in julle lewe met die selfde invloed op jou. Kom vertel 'n bietjie.
Until Nexttime
Rina