An Old Irish Blessing ... May the road rise up to meet you.May the wind always be at your back.May the sun shine warm upon your face,and rains fall soft upon your fields.And until we meet again,May God hold you in the palm of His hand.

"It is said some lives are linked across time. There are certain people connected by an ancient calling that echoes through the ages....destiny."

Life is a fleeting moment. Why live life in moderation and control when it lasts so short a time. Love until you drown in the happiness, laugh until the air you breath escapes you, cry until your tears are dry and live like the next second death will take your soul. Life is yours to live, and live it you must, not in the fear of what is to come next. That Next Place is waiting for you. It waits, in the hope that you will come fulfilled and ready, not in longing and regret.

Thank You For Being a FRIEND!*°•.¸☆ ★ ☆¸.•°*”˜˜”*°•.¸☆♥Ƹ̵̡Ӝ̵Ʒ..•°*"˜ ☆ ¸..•´¨¨)) -:¦:-.(ړײ)/       ¸.•´….•´¨¨)).«▓       ((¸¸.•´ ¸.•´.-:¦:-. ╝╚ ….. ... `♥♪♫-´¯

Wishing you a wonderful new week..Like little birds, we only fly when we get shaken out of our nests; and develop the strongest wings only when we try them against the wind. The dove in a fable, was perturbed because the wind ruffled its feathers, but without that air it could neither soar nor live. In struggle, it is prudent to not wish away every opposition. It is better to meet and master our difficulties that faith can be made stronger through conflict.~Leroy Brownlow~With much love allways

Saturday, November 21, 2009

Crying for a Lost Legecy

Met Permissie van Rochelle, plaas ek die stukkie en ook sommer 'n Komment of 5. Dit maak ons sommer Homesick ne' Dis die klein goed so die wat mens die meeste mis.
Rochelle ek like jou skryf ... baie dankie


Ag f**... Ek's Kanadees nou. Suid Afrika was lekker vir 27 jaar, maar "I've moved on". Ek kyk neer op al daai mense wat hier in Kanada sit en leef asof hulle nog in SA is. Ek maak 'n punt daarvan om nie te sê "back home" as ek praat van SA nie. Ek het 'n kind hier ... hy is Kanadees. Ek gooi my solied in alles Kanadees in ... van hokkie tot snowboard, van Mountie tot maple syrup.

So hoekom sit ek nou hier en tjank voor die computer? Hoekom kan ek nie eers mooi in Engels skryf soos ek altyd op die site doen nie? Hoekom hoekom hoekom...Ag f** ... Dis nie eers "die verkeerde tyd van die maand" nie. Miskien het dit te doen met gister. Sien, gister was ons 2-jaar in Kanada anniversary. Ons noem dit "Hepworth Family Day", ons gaan uit vir ete, praat oor hoekom ons bly is om hier te wees. So mini-Thanksgiving. Lekker, man.

So nee, dis ook nie dit nie. Ons is gelukkig hier. Gaan maar woes nog party dae, maar niks wat ons nie vetter en sterker maak nie.Nou wat dan? Hmm, ja ... dis hierdie site waarop ek afgekom het. South African Television Sound Files noem hulle dit. Ag julle weet, daar's daai site met al die Springbok-radio goed op, maar dis bietjie voor my tyd.

Ek's 'n TV-kind - die enigste radio wat ek geluister het was tannie Susan se Siembamba (onthou julle nog Otterjasie???!!!) op 'n Saterdagoggend. Maar ai, hierdie site het die kenwysies van alles ... Trompie, Casimir, Haas Das, Wielie Walie, Liewe Heksie...As mens my jeug kon toonset, sou dit heel waarskynlik begin met "Ha ha haEk's vuur ek's vlamNiks wat my kan vangHa ha ha"Ja, Asblikfontein en Oscar en Knersus ... vir julle wat vergeet het.Ag f** ... Daar loop die trane al weer. Nee, ek is nie net 'n smartvraat wat daarvan hou om te remenis en 'n traantjie te stort nie. Genade, ek is dan nog nie eers 30 nie!

Dis my kind wat my so bodder. Wel, nie Jared self nie, maar eerder dit wat hy nooit sal hê nie. Dit het my net soos 'n vyfpondhamer geslaan dat hierdie hele legacy nooit vir hom beskore is nie. Ons praat Engels by die huis, en Oupa en Ouma is ver weg in SA ... hy, of eerder hulle, sal gelukkig wees as hy More, Totsiens, Asseblief en Dankie kan sê. Wat weet hy van Bennie Boekwurm en Mannemarak? Maar dit gaan nie oor die Afrikaans nie. Ek het net so lekker gekyk na Maya the Bee en Gummi Bears. Dit gaan oor wie ek en Rob is en hoe ons so uitgedraai het. Dit gaan oor elke koeksister wat jy al ooit in die middel deurgebyt het dat die stroop teen jou ken afdrup. Dit gaan oor Wimpy milkshakes en Steers burgers. Tameletjies en basaarpannekoek. Oor die Kaapse Klopse en die nannie wat enigiets op haar kop kan dra.

Mense word vriende wanneer hulle iets in gemeen het. Dis wat my na aan my ma laat voel wanneer ons praat oor dieselfde skool wat ons altwee bygewoon het. Dis wat Rob en sy pa laat lag oor dieselfde strand waarop hulle as kinders gespeel het. Dis wat 2 Suid Afrikaners wat mekaar van geen Adam ken nie 'n bier laat saamdrink en stories vertel van daai snaakse Sielkunde professor in Stellenbosch.Is ek en my kind al klaar vreemdelinge vir mekaar?

Sure, ek kan hom Afrikaans leer. En hy kan leer om Die Dapper Muis uit volle bors saam met my en sy pa te sing. Maar ek kan hom dit nie laat VOEL nie.Ek kan dit nie in sy hart sit nie.Ons sal vir hom stories vertel ... natuurlik ... en ons sal hom Suid-Afrika gaan wys ... maar hy sal heel waarskynlik met 'n halwe oor na "the ramblings of the elders" luister terwyl hy droom oor Barney en sy Gameboy en White Spot en McDonalds.

Ek troos myself daaraan dat hy ten minste vir sy kinders kan vertel van die dag wat hy en sy vriend 'n igloo probeer bou het, en die dag wat hulle die Skytrain vir 8 volle ure gery het, en toe hulle beavertails geeet het tot hulle siek was. En sy kinders sal smile en presies weet hoe dit VOEL om 'n kind in Kanada te wees.Maar daar ver weg in 2040 gaan daar nog 'n ouma wees wat wens sy kon haar kleinkinders vertel van die dag wat sy 'n hele melktert opgeeet het ... sonder om dit as "sorta like a custard pie" te beskryf. --------------------

Never argue with an idiot. They drag you down to their level and then beat you with their experience...

**************
Sjoe Rochelle, jy sal nie glo nie, maar ek het vandag aan presies dieselfde ding gesit en dink. Daar is so baie dinge wat my kind nie gaan ken nie en dit maak my hart nogals seer. Dinge soos niggies en nefies en gereelde kuiers by ouma en oupa. Ek onthou hoe ons altyd by my ouma gaan kuier het en sy het elke keer 'n geskenk vir ons gehad iewers in haar huis. Of in haar tas as ons haar gaan haal het om by ons te kom bly. En my kind gaan dit nie hê nie. Sy gaan haar familie moet leer ken van foto's af, want dis net nie moontlik om mekaar so gereeld te sien nie.Ek is steeds ernstig van plan om vir haar Afrikaans te leer. Ek gaan beslis nie begin om Engels te praat in my eie huis nie! Maar dit voel soms soos 'n groot berg wat ek nie lekker weet hoe ons daaroor gaan kom nie. Ek vind myself naarstigtelik soek na boekies of iets wat stories en rympies in het - die goed wat ek geleer het toe ek 'n kind was. Dit voel nou alles so ver weg en asof ek dit nie weer gaan kan laat herleef nie. En net soos julle, is ons ook vir geen oomblik spyt oor die besluit wat ons geneem het om Kanada toe te kom nie. Ons is baie gelukkig en ek kan myself nie iets anders voorstel nie. Ek het vandag besef dis nie 'n geval van dat ek wil terug SA toe nie, want ek wil nie, ek sal eerder graag almal daar hiernatoe wil bring. Seker maar een van daai realiteite waarmee ek sal moet leer saamleef.So, weet net jy is nie die enigste een wat oor hierdie goed dink en wonder nie. En ek troos myself ook daaraan dat my kinders en hulle kinders 'n "legacy" sal kan deel in hierdie nuwe land.


***************

Ai Rooikapie en Rochelle, waarom voel ek vanaand so saam met julle. Ek kyk na my oumagrootjie se vleismeuletjie wat nou op 'n klein eikehouttafeltjie in die sitkamer uitgestal staan, en ek wonder of sy ooit sou kon dink dat dit eendag in Kanada sou staan. Of dat dit eendag die erfstuk van 'n Indiese Kanadese Afrikaner gaan word.Dis oor hierdie klein klits wat ek so bly is dat ek haar ouma in Kanada kan wees. Ons maak elke dag herinneringe; kosbare herinneringe van haar Afrikaner oupa en ouma wat sy hopelik die res van haar lewe saam met haar gaan dra.Sy sing saam met oupa "Oom Jan sny koring op die land" en help ouma om regte karringmelkbeskuit en Jan Smuts koekies te bak, kompleet met haar voorskoot aan wat nes ouma s'n lyk.Ek kan onthou hoe ouma Katie altyd vir my 'n klein emalje koppie en piering gehad het vir koffie. Ek kon self die suiker inskep en was baie versigtig om dit nooit té veel te roer nie. Die lekker onder in die koppie moes heel laaste uitgelek word.Ons kleinkind se spesiale koppie is 'n fyn porselein ene, en die teelepel is een van ander oumagroot se koper apostel lepeltjies. Maar die suiker lagie is dieselfde lekkerte, iets wat onthou moet word.Ons doen tolletjie brei en oupa en sy vlieg haar vlieër, maar Afrikaans is lankal nie meer haar taal nie. Ons praat Afrikaans, sy antwoord op Engels. Behalwe saans, as sy daai sagte lyfie teen ons vasdruk en saggies sê: "Ouma/Oupa, ek's lief vir jou!Cathy K. --------------------
Handle every stressful situation like a dog. If you can't eat it or play with it, just pee on it and walk away.

***************


Aai! Julle maak dat ek nou tjank! My seun is in NZ. Hoe verlang ek darem nou! Hy het altyd so klip hard "Willie Walie die aap ry op die balie" gesing, of eintlik uit geskreeu van lekkerte.


****************

Jare terug, pas na my aankoms en langer, het ek volumes gevul met gedagtes na' aan hierdie gedagtegan, maar dis 15 en meer jaar gelede. Ek het my amper heeltemaal in my Kanadese familie betrokke geraak (my vrou is Quebecois), ons dogter praat net Frans en Engels, en 'n bietjie Spaans.Maar voor-verlede jaar is my pa heen, en verlede jaar my ma... so sulke gedagtes en gevoelens het my van ver ingehaal. Spanspek, en waatlemoen-mekaar-smeer en biltong saam op die plaas maak... en vele meer gedagtes blits. En ja RSA is 'n plek wat my keel verstop en my hart vinniger laat klop. Elke keer as ek op JansSmuts aanland (ek verkies die ou naam). Maar ek is nou hier en my familie is nou hier. So die dit 'of dat is nie meer 'n keuse nie.Ek sien hoe swaar van my familie in RSA nou het (ek het 24 jaar gelede alleen Kanada toe getrek) - en soos een hierbo bemerk het - ek wou ok al my onmiddelike famile Kanada toe bring...maar hul keuse het daar in Suid Afrika gebly.So tragies is dit, dat net die geskryf wat die gedagtes oordra aan ander wat sulke besluite oorweeg. En ja aanhou verduidelik van melktert in plaas van custard werk regtig nie!Sinies - miskien - realistises - weereens tragies wel so.En dir vlam van geregverdiging word dikwels opgewakker as ek weereens hoor van 'n ou vriend - "kan jy nie my kind help om Kanada toe te gaan nie?"Dougie


******************


Vrinne,Hier sit ek in die "Land of the Long White Cloud - Aoteroa" en ek kan nie anders as om saam te praat nie.Dinge is nie hier veel anders nie, en ons dink net so hard aan hierdie goeters as wat julle doen in Kanada.Die aand toe ek op die vliegtuig klim op Jan Smuts (nie JHB International nie), toe huil ek net so hard oor wat ons verloor het. Daardie aand toe besef ek dat ek dit nie verloor oorlat ek op die vliegtuig klim en halfpad om die aarde gaan vlieg om te bly nie. Maar omlat ek en jy dinge lank gelede al begin verloor het. Ons het verloor toe ons begin skaam word het om Afrikaans met die dame by die toonbank te praat (sy kan in elkgeval nie afrikaans verstaan het nie - se sy). Toe ons, onselwers begin toespin het in beton en lemmetjies draad en ons nie meer geweet het wie buurman is nie. Toe ons besef boetie het sy tyd (en lewe) gemors toe hy gesterf het op die grens vir Pik en PW se volk en vaderland. Ons het maar gehoop dinge sal eendag weer beter word. As ons skuus vra vir ons vader se skulde, dat ons weer terug verwelkom sal word soos die Bybelse verlore seun. Die vlieg daai aand is maar die laaste strooi.Dit wat ons na verlang is nie meer nie. Nie in Suid Afrika nie, nie in Zimbabwe nie, ook nie in Suid Wes (Namibia) nie.Dit voel asof ons 'n verlore generasie is wat tussen die ou en die nuwe erens die pad verloor het. Ja, ek doen dit vir my kinders, oor die crime, en wat nog alles - meer daaroor later.Met die groot dink wat los gekom het, besef ek toe dat miskien is ons nie so op ons eie as wat ons dink nie. As jy vinnig tel dan besef jy dat ons (wat onself Afrikaner noem) kom maar in elk geval uit 'n trekkerige familie uit.Ons voorsate het so elke derde geslag maar die goedjies op die kop gesit, opgepak, en verder gestap (vlieg, seil, trek - Drakensberg of nie). Ek het my voorgeslag se spoor so rondom 1600 verloor in Holland to die Franse, Nore en Belge mekaar oorval het. Ek kon nie help om te wonder of die trekkerigheid nie maar van my groot groot Groot Oupa van Wyk (uit Noorwee) kom nie. Dit moes daai aand in Rotterdam gebeur het toe hy en groot groot groot Ouma so lekker gekuier het na die Franse op hulle herrie gekry het. Soos ek dinge verstaan kon hy ook maar nie vir lank stil sit nie, en hy moes fort met sy skuit, vooruit met Ouma agterna...Mense, ons verlang ja. Maar, ek dink nie dis 'n anderste verlang as wat 'n mens maar kry as jy agterkom dat die tyd vinniger begin loop as wat jy kan byhou nie. As jou jongman jou op die Playstation begin wen, en jy hom nie meer kan vang vir sy medisyne nie, dan weet jy dinge begin aanstap.Ek verlang ook. Hier in Auckland het ons, ons hanne gekry op van die ou Afrikaanse TV reekse: Nommer Asseblief, Orkie Snorkie, Bosvelt Hotel, ens. Ek het $300 gespandeer op die vidoes. My kinders geniet dit, maar as ek hulle weer kry dan is dit Barbie, Playstation en Star Wars.Ten minste weet ek die videos gaan lank hou - ek en vrou is die enigste wat nou nog kyk.As ek eendag oud is, en nie meer Afrikaans kan praat of mooi kan sien nie, dan weet ek ten minste hoe ek my klein kinders sal uitken van die Kanuks en Kiwi's: Myne sal die wees wat nog nie hulle Biltong tanne verloor het nie - nog iets wat groot groot groot Oupa van Noorwee saam laat kom het.Dankie vir die lees.Groete uit New Zealand.

*****************

Ag, sommer pragtig geskryf - so uit die maag van die siel uit! Ek sit nou hier voor die rekenaar, lanklaas my stuiwer in die armbeurs gegooi, maar raak lekker in vervoering oor wat ons vriend doer uit N.Zealand skryf. Geld sommer vir baie van ons natuurlik ook ....... die is verseker! Ek het vir jou en sommer van julle ander, wat dieselfde gevoelentes het oor waar ons vandaan kom en waarheen ons oppad is, die amper dappere wyses waarop ons probeer om ons kroos te leer verstaan waar ons vandaan kom - die bietjie kultuur nog oor (taal, Godsdiens en ek kan nie aan meer ander dink nie) te behou. Jy sien hulle hardloop met die geleenthede in hul nuwe land en jy wonder of hulle ook sal terugkyk na waar hulle vandaan kom -die dappere (so voel ek verseker steeds na 11 jaar in die buiteland) besluit wat hul ouers geneem het om hul geboorteland te verlaat. (Dankie vir die terugvoeringe van waar ons voorsate kom - myne van Holland en manlief'sn toevallig een van die eerste families wat uit Frankryk eers in Holland gaan vestig het en toe die skip geklim het S.Afrika toe - die man oorlede en net sy vrou en seun veilig geland!) So hier is nou die verbasend-goeie nuus - my seun trou binnekort met 'n fyne Amerikaanse aster wat hy op universiteit ontmoet het - sy wil weet hoe maak ek mieliepap gaar, hoe stop ek 'n skaapboud en kan ek asb raadgee met die gaarmaak daarvan en dankie, sy geniet Kook en Geniet (in Engels darem) vreeslik baie wat die S.Afrikaanse familie vir haar gestuur het uit S.Afrika! Nog meer, my seun, wat eintlik maar vrotsig Afrikaans praat, is besig om haar te leer van Oupa en Ouma en wat Bobotie is en dat ons asseblief en dankie se en hoe om in Afrikaans 'n tafelgebed te doen! Ten einde laaste is dit nog niet!


***************

Mooigesê - albei van julle Hendrikvw en Engela.Ja die verlange is daar - maar met die tyd - en soveel se heen en weer met kuier na RSA, sien ek (en miskien bkykbaar julle) dat die verlange na daardie tyd en daardie dunge is. En ja dinge vernader so gou. Selfs hier in Kanada - en na soveel jaar is dinge hier so anders as wat dit geblyk het met aanlanding. Die hoop vir die toekoms - al is dit nie 'n Afrikaner toekoms vir my nie, is die prys wat ek met my besluit moes en steeds betaal. Ek het toeka se jare gelede geppog om ander in die familie hierheen toe lok. Met geen geluk nie. Dis nie vir almal nie!Maar soos Hendrikvw sê: ons is trekkers - self my ma en pa het alewig getrek - agter werk aan. Ek woon nou veel meer kere langer in Ottawa as wat ek ooit op een plek in RSA gewoon het. So in die een kant is ek soos my familie, maar aan die ander kant het ek na my GrootTrek - vasblysit!Bly om te hoor van julle in Kiwiland - en ook TorontoDougie (Ottawa)


No comments:

Post a Comment