An Old Irish Blessing ... May the road rise up to meet you.May the wind always be at your back.May the sun shine warm upon your face,and rains fall soft upon your fields.And until we meet again,May God hold you in the palm of His hand.

"It is said some lives are linked across time. There are certain people connected by an ancient calling that echoes through the ages....destiny."

Life is a fleeting moment. Why live life in moderation and control when it lasts so short a time. Love until you drown in the happiness, laugh until the air you breath escapes you, cry until your tears are dry and live like the next second death will take your soul. Life is yours to live, and live it you must, not in the fear of what is to come next. That Next Place is waiting for you. It waits, in the hope that you will come fulfilled and ready, not in longing and regret.

Thank You For Being a FRIEND!*°•.¸☆ ★ ☆¸.•°*”˜˜”*°•.¸☆♥Ƹ̵̡Ӝ̵Ʒ..•°*"˜ ☆ ¸..•´¨¨)) -:¦:-.(ړײ)/       ¸.•´….•´¨¨)).«▓       ((¸¸.•´ ¸.•´.-:¦:-. ╝╚ ….. ... `♥♪♫-´¯

Wishing you a wonderful new week..Like little birds, we only fly when we get shaken out of our nests; and develop the strongest wings only when we try them against the wind. The dove in a fable, was perturbed because the wind ruffled its feathers, but without that air it could neither soar nor live. In struggle, it is prudent to not wish away every opposition. It is better to meet and master our difficulties that faith can be made stronger through conflict.~Leroy Brownlow~With much love allways

Tuesday, February 5, 2013

Nou so lekker gelag ...

Arm, Armer, Moer-arm




Ons was moer-arm.Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool.My ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom.“Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?”Maar natuurlik – Boere maak ‘n plan.En ma was nie stupid nie.Sy kon tot gom maak.Ruk daar flour uit,gooi suiker by en kook die spul op die stoof.Ek staan eenkant,baie impressed met my slim ma.Laat dit toe effens afkoel en sit dit in ‘n ou NCR Yeast blikkie wat so bietjie verblyk was.Ek was die enigste kind met ‘n Yeast Blikkie op my tafel.Al die ander kinders het die regte bottelkies gom gehad.Ek het nie baie omgegee nie,want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos superglue nie kan plak nie!So drie weke later,te...rwyl die biesies buite bewe van die hitte,sit ons klas in doodse stilte,besig met eksamen.Fokkit mense,een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag.Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng.Dis net gom wat neerkom op ons soos ‘n donnerstorm!All es is wit.En dit stink ongelooflik – suurhol se moses!Ek’t nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie.Die Juffrou se brille is vol gom.Haar hare spierwit.Dit drup van haar af asof sy in ‘n shower staan.Tot n haar kliewitch by haar tieties.Ek kon nie glo dat sy soos ‘n beeld lyk nie.Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom.Almal is wit en gil van die skrik.Ons boeke is faaktap.Ons klere is faaktap.Ons stink faaktap.Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan.Van die kinders wat bus gery het se gom het goed droog geword van al die gewag.Ek was woedend toe ek by die huis kom.My ma het gedink dis ‘n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik …Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak,maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.Ek was glad nie gewild nie.Niemand wou eers meer met my speel nie …



Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is!

No comments:

Post a Comment