Geduld, o, geduld....
Ek kry die iewers en die trane loop al weer...van die lag....
So was daar die twee skilpaaie van Beaufort Wes wat eendag besluit het om bietjie Kaap toe te stap vir die vakansie want, soos hulle reken, almal behoort darem seker een keer die see te sien. Vir padkos vat hulle ‘n halfjack brandewyn en ‘n pakkie sigarette saam. Nouja, hulle val in die pad en hulle stap en hulle stap en hulle stap ‘n jaar lank. Toe stap en stap hulle en hulle stap twee jaar lank, maar hulle hou aan met stap en toe hulle al drie jaar aan’t stap was toe’s hulle net duskant Worcester en die twee reken dis nou ver genoeg en tyd vir ‘n smokebreak. Hulle stop toe en die pakkie skywe word uitgehaal maar o gonna, hulle het vergeet om vuurhoutjies te bring. Dit was omtrent ‘n slag en om die vakansie te red bied die een skilpad toe aan om terug te stap Beaufort Wes toe en te gaan vuurhoutjies haal. Die ander skilpad sê toe dat hy ses jaar sal wag en as ta dan nog nie opgedaag het met die vuurhoutjies nie, dan sal hy solank die brandewyn opdrink. Hulle kom ooreen dis billik en so aan en die eerste skillie val in die pad. Skilpad nommer twee parkeer homself solank onder ‘n bos en hy wag. Hy wag en wag ‘n jaar, hy wag twee jaar, hy wag drie jaar en hy dink by homself dat daai ander skilpad nou seker al op Beaufort Wes is. Toe wag hy verder, en hy wag vier jaar, toe wag en wag hy vyf jaar, en met die grootste spanning wag hy toe die sesde jaar ook deur. Van skilpad nommer een is daar egter geen teken nie en hy besluit om nog ses maande te wag, in welke geval dit tickets sal wees met die brandewyn. Die ses maande kruip verby en met geen teken van die stapper of die vuurhoutjies nie besluit hy om die brandewyn te drink. Hy het net die halfjack nadergetrek en aan die prop gevat, of hy hoor die stem van die eerste skilpad van onder ‘n bos hier agter hom: ‘Drink net aan daardie brandewyn dan gaan haal ek nie die vuurhoutjies nie.’_________________
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
No comments:
Post a Comment