Just another day in a vet's life ... found on the internet.
Ek het die mail vanoggend ontvang dit het my nogal geraak........ Omdat ek 'n veearts is, is ek geroep om die tien jaar oue Ierse wolfhond Belker te ondersoek. Die hond se eienaars, Ron en Lisa en hul seuntjie, Shane, was almal baie lief vir Belker en het op 'n wonderwerk gehoop.
Ek het Belker ondersoek en gevind hy is besig om dood te gaan. Ek het die familie gesê ek kan niks meer vir hom doen nie en het genadedood voorgestel. Ron en Lisa het gesê hulle dink dit sal goed wees as die sesjarige Shane ook die ondervinding kan meemaak en dat hy dalk iets daaruit sal leer.
Die volgende dag was ons bymekaar om die prosedure by hul huis te doen. Shane was kalm en het die ou hond vir die laaste keer gevryf. Ek het gewonder of hy verstaan wat aangaan. Binne 'n paar minute het Belker sag heengegaan. Die seuntjie het gelyk of hy Belker se heengaan sonder moeite of verwarring aanvaar.
Ons het almal 'n paar oomblikke bly sit en gedink hoe jammer dit is dat diere korter lewe as mense. Shane het skielik gesê 'Ek weet hoekom.' Ons het almal na hom gekyk. Wat uit sy mond gekom het, het my verstom. Ek het nog nooit 'n meer vertroostende verduideliking gehoor nie. Hy het gesê: 'Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe soos om almal altyd lief te hê, nê? Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.'
Leef eenvoudig. Gee liefde vryelik.. Gee werklik om. Praat vriendelik. Onthou, as 'n hond jou leermeester was, sou jy dinge geleer het soos:
• As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;
• Moet nooit nee sê vir 'n pretrit nie;
• Geniet die vars lug en die wind in jou gesig ekstaties;
• Neem af en toe 'n slapie;
• Strek voordat jy opstaan;
• Hardloop, baljaar en speel daagliks;
• Gedy op aandag en laat mense aan jou raak;
• Moenie byt as 'n grom genoeg is nie;
• Staan 'n oomblik stil op 'n warm dag en lê op jou rug op die gras;
• Drink op 'n snikhete dag baie water en lê onder 'n skaduweeboom;
• As jy gelukkig is, dans rond en swaai jou hele lyf;
• Geniet 'n eenvoudige, lang uitstappie;
• Eet met smaak en entoesiasme, hou op as jy genoeg gehad het;
• Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;
• As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en
• As iemand 'n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies teen hul aan..._________________
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
No comments:
Post a Comment