NÁ die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak 'n nuwe seisoen in die grootste gros huwelike. Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word. Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste ennoord-suid-opinies is volop. Wat eens lekker geruik het, word 'n stank.Wat mooi was, word afskuwelik. Wat slim geklink het, wordbeterweterigheid. Soetlemoene verander in bitterappeltjies.Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoendersword en in hul eie weiland begin skrop, daag 'n ander seisoen op. Jeuktyd,kraptyd, byttyd, skaaftyd. Dis dan wanneer die huweliksbed se voeë beginmeegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel.Ná jare van geldstryd en kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig-gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep. Bykans vreemdelinge. Ofvyande. Buitentoe lyk alles wel. Almal glo dit gaan góéd met ons. ("Ons"is 'n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort). Onshét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, houvakansie, koop saam-saam kruideniersware. Oënskynlik die perfekteverbintenis.Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer'n goudgeel punt. Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid,erbarmloosheid, humorloosheid. Ons is áltyd gereed om te verskil en tebeskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en 'n vrot atmosfeer is aandie orde van die dag.En daar hang ons in die slagyster. Skei kan ons nie, want dis 'n geval vanmy kombers en jou matras en daar lê die ding. Na 'n huweliksberader wíl onsnie, want niemand het energie vir 'n ellelange dermuitrygery nie. Dan maardeurdruk, hoe gallerig ook al. Solank niemand ontdek wat agter diegordynvoerings aangaan nie. Om te kompenseer vir die yskaslewe, pak onsallerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte. Affairs, drank,pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings,oorgodsdienstigheid, werkoholisme. En noem maar op.Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem. Enkeldiepte,borsdiepte, en soms watergetrap. Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee hetnie, bly 'n mirakel. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, komons op die kwessie sowel as die oplossing af. Ek sê nie dit sal vir almalwerk nie, maar vir ons het dit.Die kwessie: Spasie. In sy wese bly die mens 'n eenling. Hy wil 'n sirkelom hom kan trek; 'n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het. En diehuwelik het 'n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem. Dis 'ncliché om te sê die huwelik is 'n eenwording van twee mense. Want tweemense kan nooit één word as elke eenling nie 'n heel mens op sy eie isnie. En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos 'n hondsdolgedierte wat alles byt.Die oplossing: spasie. Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper totby die bottel jakkalsgif. Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke,lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping. En dáárbly hy vandag nog. Wat destyds 'n ek-bliksem-jou- sommer-dood-aksie was,het geblyk die antwoord te wees.Sy kamer is syne. My kamer is myne. Hy kan snork en televisie kykwanneer hy wil. Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei asiets my ry. Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveelkomberse hy oor hom wil hê. Niemand besweet niemand, en daar is nooit 'nnagtelike gestry nie. En dis salig om uitgerus wakker te word sonder 'nkierie teen jou rug. Of sonder 'n redeloos beneukte vrou langs jou. Diesaligste bly die op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court.Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hyfluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my. Ek SMS boontoedat ek my man in my kooi soek, en ek dra sy brekfis trap-op en gaan sê hom hy's my koning.Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie.Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê 'n ding nie.
Dit is geskryf deur Annelie Botes
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
No comments:
Post a Comment