Ek onthou nog die mooie Barberton daar in die laeveld, loop nog so af in die straat in my gedagtes. Oorkant die straat het Tannie Nel gebly, haar gesig kan ek nie meer so lekker onthou nie, want sien ek was nog nie eers skool toe nie toe ons daar gebly het. Maar ek onthou daar agter in haar Backyard was 'n groot moerbei boom met sukke groot vet swart vruggies. My ma het altyd geraas as ek moes en die goed op my klere kry. Ek het 'n boks gehad met sywurms en het altyd blare gepluk daar by Tannie Nel. Dan kyk ek hoe kneers hulle aan die blare en later spin hulle mooi huisies om in te kruip.
Oom Jock het verder af in die sraat gebly, die tannie het 'n mongoltjie dogter gehad en ek het baie by haar gespeel. Vandag word hulle beskou as Hemels kinders geleen van ons mooi Vader. Oom Jock en my Pa het belang gestel in "Radio Hams" is dit die regte woord daarvoor? Ag julle weet mos wat ek bedoel ... buite in hul tuin was die lang pal met baie drade styfgespan om die ding optehou. Terwyl my Ma by die Tannie kuier is die mans daar in die kamer besig met die Oom se Radio goed. Die tannie het altyd lekker soet koekies gebak.
Ons het so aan die voet van die berg gebly, die kable karretjies het so oor die huise gehang want sien hulle het iets gemyn daar in die berg, miskien was die asbestos of iets. Dan word dit in die karretjies gelaai en dan tot onder by die myn gebring. Ons groot bruin rifrig hond Oubaas was agter vasgemaak aan 'n lang kettang maar hy kon die hele agterplaas vol loop, dis nou as Pa by die werk was.
Toe ek so klein was het my ma hulle my vertel my boeties was daar op die berg hulle sterte was nog nie afgekap nie (dis nou die bobbejanntjies)... sien ek is die enigste kind. Ek raak so upset as hulle die grass brand daar op die berg. Die vuur brand dan die boobejaantjies. Ag ouers kan tog so baie jok vir mens .... Maar die mooi rooi vlamme so in 'n lang ry daar op die berg, kruip so stadig vorentoe en die ruik van die grass brande is vars ... vandag nog is ek mal oor vure, net ek maak hulle in 'n kagel of donga.
Ag ek wens ek het fotos gehad om julle te wys .....
Until nexttime
Rina
PS. Flat White het my bekommerd gemaak or the asbes en toe gaan Google ek gou, gelukkig was dit goud wat gemyn is.
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
Ek hoop vir jou part dit was nie asbes wat hulle so in karretjies reg bo-oor julle huis gekarwei het nie - later jare het hulle besef die goed is giftig en deesdae word dit glad nie meer gebruik nie.
ReplyDeleteHi Flat White, ek het gaan google en hulle myn goud daar. Dankie tog. Bly Jy het kom kuier lekker naweek.
ReplyDelete