Lui Huisvrou storie.Ok Betsy hier hy.... posted on Twisted Sister April 2009
Dis nou so 26 jaar gelede maar nog so vars soos gister. Manlief het begin werk by Tsumbe myn se smelter (Namibia) Ons kry "n myn huis so op "n hoek erf, net 'n kloesietjie gras hier en daar, anders net rooi grond. Oorkant bly Retha, manlief en 2 kleingoed. Langs ons is 'n Engelse paartjie nog vars uit Engeland. Albei is nice maar ek kuier by Retha, dis nou nie Retha van Canada nie, maar so blonde dingetjie.
Kyk sy was nou die beste voorbeeld vir enige vrou, moeder en partner. Baie dae het sy my so siek gehad van wonderlik wees ( was wasgoed , opgehang, was weer wasgoed, stoele word gepak op die tafel en was elke oggend die vloere ... Die sagte diertjies hang aan hulle ore op die wasgoed draad om droogte word, gewonder of die kinders ooit met hulle mag speel. Elke dag word daardie shoulderlength blonde hare gewas en in krullers gesit dan mooi gekam, gesig geplak so net voordat liefie huis toe kom. Kinder klaargeeet en gebad by 4 uur. (Myne hol nog vuil buite rond.)
My grootste vrees was Retha voor middag so oorkom, want sien ek was nou nie die beste huisvrou nie, het eerder tuin gemaak, gecraft of gelees. Een oggend klop sy mos voor 9am en dis mos die oggend wat ek op 'n half opgemaakte bed le en boek lees en wasbak propvol ontbyt skottelgoed is. Ek wens die aarde wil my insluk, net daar en dan besluit nooit weer lees ek boek toedat die huis skoon is nie. PS ek like nog steeds nie huiswerk nie
Maar Maureen die engelse nooitjie was die beste. Ken glad nie naartjies nie, wil ook nie probeer nie so ons eet lekker naartjie uit haar tuin. Manlief kom een aand van werk in met 'n bree smile op sy bek......se langsaan se kamer lig brand, gordyne oop en buurvroutjie spring daar rond topless met 'n blikkie gif spuitgoed agter vlie aan. Sies se ek hoekom het jy gekyk... wat anders moes ek doen se hy.
Jong ek het baie kopgeskud vir Maureen, gereeld hols wasgoed draad toe in haar onderklere. Enitlik het ons baie lekker gebly daar in SuidWes. Baie gaan vis vang by Henties en vars gerookte vis gewoonlik snoek of angelvis by Swakopmond gekoop. En Etosha panne was maar net 'n uur van ons. Te lekker.
Until next time
Groete Rina_________________
A little chance to do some painting
-
A friend posted a back to school photo of her and her mini me. It was a
perfect little snapshot of joy. I loved it so much, I just had to do a
quick mixed ...
1 year ago
No comments:
Post a Comment