An Old Irish Blessing ... May the road rise up to meet you.May the wind always be at your back.May the sun shine warm upon your face,and rains fall soft upon your fields.And until we meet again,May God hold you in the palm of His hand.

"It is said some lives are linked across time. There are certain people connected by an ancient calling that echoes through the ages....destiny."

Life is a fleeting moment. Why live life in moderation and control when it lasts so short a time. Love until you drown in the happiness, laugh until the air you breath escapes you, cry until your tears are dry and live like the next second death will take your soul. Life is yours to live, and live it you must, not in the fear of what is to come next. That Next Place is waiting for you. It waits, in the hope that you will come fulfilled and ready, not in longing and regret.

Thank You For Being a FRIEND!*°•.¸☆ ★ ☆¸.•°*”˜˜”*°•.¸☆♥Ƹ̵̡Ӝ̵Ʒ..•°*"˜ ☆ ¸..•´¨¨)) -:¦:-.(ړײ)/       ¸.•´….•´¨¨)).«▓       ((¸¸.•´ ¸.•´.-:¦:-. ╝╚ ….. ... `♥♪♫-´¯

Wishing you a wonderful new week..Like little birds, we only fly when we get shaken out of our nests; and develop the strongest wings only when we try them against the wind. The dove in a fable, was perturbed because the wind ruffled its feathers, but without that air it could neither soar nor live. In struggle, it is prudent to not wish away every opposition. It is better to meet and master our difficulties that faith can be made stronger through conflict.~Leroy Brownlow~With much love allways

Saturday, February 13, 2010

Suurdeeg beskuit

Hierdie is my ma se resep wat sy vir my oor die foon gegee het eendag. Nou sy maak gewoonlik haar besluit met die aartappel plantjie maar maak dit ook party keer met droe gis. Ek gebruik net die droe gis, he tnie tyd vir aartappelplantjie makery nie.

2.5kg koek meel (in Canada het ons net all-purpose flour)
8 afgeskutte teelepels droe gis op 250ml lou water
500ml suiker
3/4 pond botter
25ml of dan 2 eetlepels anys - as jy van anys in die beskuit hou
2 afgeskutte teelepels sout
750ml melk
4 eiers

Gooi die droe gis in die lou water. Laat dit staan. As die gis moet begin rys voordat jy dit gebruik. Hier in Canada het ek 2 soorte gis gesien: Fleischmann's Traditional active dry yeast en Fleischmann's Quick rise instant yeast. Ek koop die instant yeast, want die ander een staan te lank voordat dit begin. Boonop kan jy die instant yeast een aanmaak en amper onmiddelik ingooi sonder om regtig vir dit te wag. Ek laat dit net biejtie staan om seker te maak die gis werk nog.

Gooi die melk in 'n pot, gooi die suiker en botter daarin en laat smelt dit Wanneer klaar gesmelt, laat afkoel tot lou. Klits die eiers in die melk mengsel in. Gooi die suurdeeg in die melkmengsel nadat dit begin rys het. Meng die meel, sout en anys saam. Maak 'n gat in die middel en gooi die vloeistof daarin. Knie nou alles vir so plus-minus 10 minute. Die deeg moet glad en elasties wees. Jou deeg moet nog lou wees teen die tyd wat jy dit toemaak want anders het dit nie hitte om te help met die rys nie. Maak die skottel mooi toe sodat dit hitte kan hou. Omdat dit nie baie warm by my is nie, maak ek dit toe en sit dit in my spaarkamer met die deur toe en laat dit oornag staan.

So ek sal my beskuit deeg aanmaak in die aand. Dan knie ek dit die volgende oggend net so 'n bietjie . Ek smeer dan my panne met botter. Jy kan seker cook-'n-spray ook gebruik as jy wil Dan maak ek bolletjies. sit 'n biejtie botter tussen elke bolletjie. Oral waar die volgende bolletjie aan 'n ander bolletjie raak, kom so 'n klein bietjie botter. My ma het altyd 'n opgebondelde vadoek onder die agterste punt van die pan gesit sodat die pan skuins kan staan. ek neem aan dis sodat die bolletjies mooi teen mekaar insak. Ek maak ook maar so. As jy klaar is, dan klop jy 'n eier in bietjie melk en smeer die bolletjies aan die bokant daarmee met 'n kwas. Dis maar net dat die besluit daardie mooi bruin blink kop kan he agterna. Dan maak jy weer die beskuit toe en laat staan dit vir so 'n halfuur om weer te rys. Jy kan dit laat staan todat die bolletjies gerys het tot bo gelyk met die pan of jy kan jou oond op lou sit en dan die panne insit totdat die beskuit hoog genoeg gerys het en dan draai jy jou oond op na 180 grade celsius vir so 'n uur of tot mooi goud bruin bo op.

Laat afkoel en breek dan die bolleties uit mekaar. Hulle behoort mooi te deel daar waar jy die botter aangesmeer het. Jy kan die beskuit dan droog as jy wil. My man is mal oor nat beskuit. So ek sal genoeg vir een ontbyt sessie in plastiek sakkies pak en dit dan vries. Dan haal ek dit uit soos ons dit wil eet. Ek is te bang my beskuit muf, dis hoekom ek dit vries.

Baie Dankie Retha vir die recipe, ek soek nou al lank al vir die resep. En ek is seker daar nog Expats wat ook beskuit sal wil bak. Weer eers Dankie.

Until nexttime
Rina

No comments:

Post a Comment