An Old Irish Blessing ... May the road rise up to meet you.May the wind always be at your back.May the sun shine warm upon your face,and rains fall soft upon your fields.And until we meet again,May God hold you in the palm of His hand.

"It is said some lives are linked across time. There are certain people connected by an ancient calling that echoes through the ages....destiny."

Life is a fleeting moment. Why live life in moderation and control when it lasts so short a time. Love until you drown in the happiness, laugh until the air you breath escapes you, cry until your tears are dry and live like the next second death will take your soul. Life is yours to live, and live it you must, not in the fear of what is to come next. That Next Place is waiting for you. It waits, in the hope that you will come fulfilled and ready, not in longing and regret.

Thank You For Being a FRIEND!*°•.¸☆ ★ ☆¸.•°*”˜˜”*°•.¸☆♥Ƹ̵̡Ӝ̵Ʒ..•°*"˜ ☆ ¸..•´¨¨)) -:¦:-.(ړײ)/       ¸.•´….•´¨¨)).«▓       ((¸¸.•´ ¸.•´.-:¦:-. ╝╚ ….. ... `♥♪♫-´¯

Wishing you a wonderful new week..Like little birds, we only fly when we get shaken out of our nests; and develop the strongest wings only when we try them against the wind. The dove in a fable, was perturbed because the wind ruffled its feathers, but without that air it could neither soar nor live. In struggle, it is prudent to not wish away every opposition. It is better to meet and master our difficulties that faith can be made stronger through conflict.~Leroy Brownlow~With much love allways

Wednesday, May 12, 2010

Ag die mooi laeveld dae ....

Ek onthou nog die mooie Barberton daar in die laeveld, loop nog so af in die straat in my gedagtes. Oorkant die straat het Tannie Nel gebly, haar gesig kan ek nie meer so lekker onthou nie, want sien ek was nog nie eers skool toe nie toe ons daar gebly het. Maar ek onthou daar agter in haar Backyard was 'n groot moerbei boom met sukke groot vet swart vruggies. My ma het altyd geraas as ek moes en die goed op my klere kry. Ek het 'n boks gehad met sywurms en het altyd blare gepluk daar by Tannie Nel. Dan kyk ek hoe kneers hulle aan die blare en later spin hulle mooi huisies om in te kruip.

Oom Jock het verder af in die sraat gebly, die tannie het 'n mongoltjie dogter gehad en ek het baie by haar gespeel. Vandag word hulle beskou as Hemels kinders geleen van ons mooi Vader. Oom Jock en my Pa het belang gestel in "Radio Hams" is dit die regte woord daarvoor? Ag julle weet mos wat ek bedoel ... buite in hul tuin was die lang pal met baie drade styfgespan om die ding optehou. Terwyl my Ma by die Tannie kuier is die mans daar in die kamer besig met die Oom se Radio goed. Die tannie het altyd lekker soet koekies gebak.

Ons het so aan die voet van die berg gebly, die kable karretjies het so oor die huise gehang want sien hulle het iets gemyn daar in die berg, miskien was die asbestos of iets. Dan word dit in die karretjies gelaai en dan tot onder by die myn gebring. Ons groot bruin rifrig hond Oubaas was agter vasgemaak aan 'n lang kettang maar hy kon die hele agterplaas vol loop, dis nou as Pa by die werk was.

Toe ek so klein was het my ma hulle my vertel my boeties was daar op die berg hulle sterte was nog nie afgekap nie (dis nou die bobbejanntjies)... sien ek is die enigste kind. Ek raak so upset as hulle die grass brand daar op die berg. Die vuur brand dan die boobejaantjies. Ag ouers kan tog so baie jok vir mens .... Maar die mooi rooi vlamme so in 'n lang ry daar op die berg, kruip so stadig vorentoe en die ruik van die grass brande is vars ... vandag nog is ek mal oor vure, net ek maak hulle in 'n kagel of donga.

Ag ek wens ek het fotos gehad om julle te wys .....

Until nexttime
Rina

PS. Flat White het my bekommerd gemaak or the asbes en toe gaan Google ek gou, gelukkig was dit goud wat gemyn is.

2 comments:

  1. Ek hoop vir jou part dit was nie asbes wat hulle so in karretjies reg bo-oor julle huis gekarwei het nie - later jare het hulle besef die goed is giftig en deesdae word dit glad nie meer gebruik nie.

    ReplyDelete
  2. Hi Flat White, ek het gaan google en hulle myn goud daar. Dankie tog. Bly Jy het kom kuier lekker naweek.

    ReplyDelete